Tekening van Fotografiese Pilaar Hierdie tekening van die fotografiese pilaar toon die filmraam wat die fotografiese plaat bevat het, met direk voor dit, die kruispatroon glasplaat, hier gesien vanuit die rigting wat dit belig is. Bo-aan is 'n waterpas en onder die skietlood aan 'n dun silwer draad, gestabiliseer deur dit in 'n glas fles met water te laat hang. Die beeld van die kruispatroon en silwer draad was dan saam met dié van die Son afgeneem soos gesien kan word in hierdie foto (9k.jpg). Nog 'n foto van die 1882 oorgang, geneem deur die dames van die Vassar Kollege is hier (9k.jpg).

Bron:
Newcomb Simon - Observations of the Transit of Venus, December 8-9, 1874 - 1880
Sky and Telescope, February 1961, 86

Back na 1882 Venus Oorgang blad