6 Hierdie 6" Fitz refraktor uit die private versameling van John Briggs (23k.jpg) is heelwaarskynlik identies aan die verlore teleskoop wat eenmaal in die tuin van die Hugenote Seminarie in Wellington, Suid Afrika gestaan het. Dié teleskoop, een van slegs sowat 40 oorblywendes vandag, bevat slegs 'n enkele inskripsie: H. Fitz New-York, sonder enige datum. Aangesien Henry Fitz, een van Amerika se vroegste meester teleskoop makers, in 1863 oorlede is, dateer dit dus vroër.

Hierdie teleskoop is afkomstig van Trinity College of Hartford, Connecticut, VSA. Alhoewel dit na 1882 daar geinstalleer is, was die oprigting daarvan by Trinity eintlik aangespoor deur die 1882 Venus Oorgang! John sou uiteindelik die teleskoop 'n eeu later vanaf Trinity verkry.

Hierdie foto (21k.jpg) is 'n nabyskoot van die teleskoop self.

Nog 'n voorbeeld van 'n 1849, 7 duim Fitz is hier (30k.jpg) van die webblad van die Antique Telescope Society.

Back na 1882 Venus Oorgang blad