5 Hierdie 5" refraktor uit die privaat versameling van John Briggs (23k.jpg) lyk op 'n haar na die oorspronklike agt "USNO, Venus Oorgang teleskope", vervaardig deur Alvan Clark & Seuns, kompleet met hulle onmiskenbare handtekening rondom die agterstuk. Alhoewel hierdie teleskoop as 1875 gedateer is (die USNO teleskope was almal 1874 gedateer) en in plaas van 'n volgnommer, dra dit die pragtige handgeverfde woorde Abbot Female Academy op 'n ystergietsel in die vervoerbare pilaar. John spekuleer dat hierdie moontlik 'n "negende" USNO Venus Oorgang teleskoop mag wees, gebou deur die Clarks vir ingeval iets onvoorsiens dalk met een van die oorspronklike agt sou gebeur.

Dit klink heel waarskynlik, gesien in die lig van die belangrikheid van die 1874 observasies asook na aanleiding van sekere oorblywende korrespondensie i.v.m. die vroeë planne vir 'n teleskoop by die Abbot Akademie. Die skool het oorspronklik beplan om 'n ander Clark teleskoop ('n 7½") aan te skaf, wat hulle skynbaar toe nie gekry het nie. Dit blyk of 'n ander teleskoop toe uiteindelik vir hulle aangebied is (die 5-duim) wat hulle toe na die nodige fondsinsameling opgeraap het!

Hier (32k.jpg) is nog 'n foto van hierdie teleskoop. Vergelyk hierdie fotos met 'n oorsponklike, soos per Geoff Chester se tuisblad.

Back na 1882 Venus Oorgang blad