From wpk@saao.ac.zaFri Jul 17 22:42:22 1998 Date: Tue, 30 Jun 1998 13:40:44 +0200 (GMT+0200) From: Willie Koorts To: Sakkie van Rensburg Subject: Re: Teleskoop On Sun, 28 Jun 1998, Sakkie van Rensburg wrote: > Ek is Sakkie vanRensburg van Boemfontein en wil graag > vir my 'n eerste teleskoop koop. > Het jy dalk raad. > Ek wil graag dit kan vervoer en fotos neem. > Ek het geen kennis nie en weet nie waarmee om te begin nie. > Kan jy dalk help. > Ek sal so 5000 to 7000 Rand kan spandeer. Hallo Sakkie Die beste raad sal jy seker op die web kan kry - my astronomy links het 'n afdeling vir beginners - ek sal voorstel jy lees so 'n paar van hulle. Van my kant af sou ek jou eerstens waarsku teen klein refraktors (lens teleskope) wat geadverteer word met groot vergrotings-getalle. In sterrekunde is die vereiste ligversameling - d.w.s. lens/spiee"l deersnee (aperture) - 'n mens werk normaalweg hoogstens tot 200 keer vergroting. Daarom sou ek voorstel moet jy eeder vir 'n spiee"l-teleskoop gaan van ten minste 6" (150mm) spiee"l-deursnee. Verskillende vergrotings word bewerkstellig deur verskillende oogstukke wat jy mettertyd kan aanvul. Vir fotografie moet jy iets he^ wat aandrywing besit - d.w.s. op 'n ekwatoriale montering waar die draai-as na die hemel-pool wys. Onthou net dat ons in die suidelike halfrond die suidpool gebruik en die teleskoop dus "verkeerdom" moet kan aandryf in vergelyking met die noordelike halfrond (waar die meeste teleskope vandaan kon). Om dit te kan vervoer, moet dit natuurlik sal kan "afslaan" tot 'n sekere mate. Ek is ongelukkig nie so op hoogte van presies wat in SA beskikbaar is nie of wat dit kos nie - met die mal rand/dollar besigheid op die oomblik help dit ook nie juis veel nie. Ek weet toevallig van 'n weduwee op Wellington wat haar oorlede man se 8" Celestron Schmidt-Cassegrain wil verkoop in ongeveer jou prysklas. Die teleskoop was toegerus vir fotografie sover ek weet en is in uitstekende toestand - dit is baie min gebruik aangesien hy beroerte gekry het en dit daarna baie moeilik alleen kon opstel en beheer. Hoop dit help. Groete Willie Willie Koorts wpk@saao.ac.za Cape Town, Observatory 33d 56' 03"S 18d 28' 36"E GMT + 2h Wellington, South Africa 33d 38' 56"S 19d 00' 52"E GMT + 2h For - Amateur Astronomy - Telescope Making - Satellite Tracking - Visit .... http://www.saao.ac.za/~wpk/ ns. Ken jy vir Matie Hoffman by die unversiteit? Hy is baie aktief met die amateurs en hulle gebruik gereeld die teleskope by Boyden. Hulle sal jou ook goeie raad kan gee. Stuur sommer groete van my kant af ook.