Sterre-aand, Steenbrasdam

Een van ons jonger OOG-lede, Rudie Loots het ´n droom om die eertydse sterrekunde klub by die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset Wes weer tot sy dystydse glorie te laat herleef. In ´n poging om belangsteling aan te wakker, het hy OOG genader om ´n sterre-aand op Dinsdagaand, 26 April 2005 by hulle te kom hou. In samewerking met Juf. Riana Nel het hulle dit so gereël dat die sterre-aand saamval met ´n uitstappie deur die Natuurlewe klub van Hoërskool Hottentots-Holland na Steenbrasdam. Die venue bo-op die berg bokant Godonsbaai bied lekker donker toestande vir sterrekyk. Alhoewel die bome effens gepla het, kon ons hulle tog omseil.

Daar was ongeveer 20 HHH leerders en OOG was verteenwoordig deur Serena en June asook Neels en Louis, laasgenoemde twee het hulle teleskope saamgebring en opgestel. Terwyl ons besig was om af te pak, het die Hubble Ruimte Teleskoop oorgekom wat ons verras het met ´n ongelooflike helder flits wat spontane uitroepe ontlok het.

Die opskrif van die onderstaande koerantberiggie uit die Helderpos som die aand se gebeure mooi op.

Laataand, nadat ons klaar sterre gekyk het, mik ek my 9-duim teleskoop na die maan en fokus die oogstuk vir parallele lig uitset volgens my verkyker-metode. Nadat een van die leerders ´n ongelooflike foto van die maan met ´n eenvoudige selfoonkamera geneem het, was die astrofotografie koors skielik hoog om nog beter fotos te neem soos hier onder gesien kan word.


Hierdie foto van die Maan was deur Stefan Smit (leerder van HHH)
deur die teleskoop geneem met ´n Canon digitale kamera.

Willie Koorts


© 2007 OOG. Alle regte voorbehou